Boek: Hier is ʼn muis

Ken-jou-storie-2.jpg

Louis Botha is aangewys as die wenner in die kategorie vir lesers van 7 tot 9 jaar vir sy boek, “Hier’s ’n muis”.

Louis Botha

Aros en PretoriaFM stel met trots die eerste wenboek van 2017 se “Ken Jou Storie”-kompetisie bekend. Louis Botha se boek, Hier is ʼn muis, is geskik vir kinders van ouderdom 7 tot 9 jaar. Die illustrasies is gedoen deur Alex van Houwelingen.

Die storie

Koerie Kerkmuis bly in die kerk se kantoor. Hy het vir hom ʼn snoesige huisie gebou agter die houtpaneel in ʼn stil hoekie van die vertrek. Hy het net een wens, en dit is om ʼn regte mensetand in die hande te kry. Maar dit kos baie geld, en waar gaan ʼn arme kerkmuis dit vandaan kry?

Uitgewer: Fontein Uitgewery
Prys: R100*
*Prys onderhewig aan verandering

Die boek is direk beskikbaar by Fontein Uitgewery of Boekenhout Boekwinkel

Het jy nog altyd daarvan gedroom om ʼn kinderboek te skryf en uit te gee? Hier is jou kans! Gaan skryf in vir 2018 se “Ken Jou Storie”-skryfkompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.