Boek: Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood?

Cecilia Steyn

Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan. Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak.

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is so te sê in haar bloed.

Vinnig kom hulle agter dat die dorp ook ’n muisplaag het en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?

 Lea lief uile: Muisvalle en maanmelkskommels is die vierde boek in Cecilia Steyn se gewilde Lea lief-reeks. Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer.

Oor die skrywer

Cecilia Steyn is die trotse ma van twee pragtige seuns en woon in Orkney, Noordwes. Sy is op 9 September 1974 op Welkom in die Vrystaat gebore en is die jongste van drie kinders. Na skool het sy haar loopbaan begin in die kleinhandelapteekbedryf. Steyn skryf sedert 2017 heeltyds. Sy het reeds verskeie gewilde jeugboeke die lig laat sien, wat onder meer die Tienerharte- en PresiesAnders-reeks, waarvoor sy elk ’n ATKV-Woordveertjie gewen het, insluit.

Oor die illustreerder

Elanie Bieldt is ʼn jong illustreerder van Kaapstad wat op 12 al begin het om boeke te illustreer. Sy het in 2016 ʼn aanlyn strokiesprentkursus voltooi en haar eerste internasionale boek geïllustreer toe sy 18 jaar oud was. Bieldt het op 15 met tuisonderrig begin sodat sy meer tyd aan haar illustrasiewerk kon wy. Vir dié passievolle illustreerder was skool net iets wat sy moes afhandel. Illustrasiewerk was eintlik nog altyd haar eerste prioriteit.

Prys: R135,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.