Boek: Hoe om jou draak te tem-reeks

Hoe-om-n-draak-se-hart-te-breekCressida Cowell

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar dié reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se fliek How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!

Oor die outeur

Cressida Cowell het grootgeword in die stad Londen en op ’n klein, onbewoonde eiland aan die weskus van Skotland, waar sy dit geniet het om stories te skryf, vis te vang, en die eiland te verken op soek na drake. Sy was oortuig daar het drake gelewe, en was altyd gefassineer met hulle.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek¬vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R165.00*
*Prys onderhewig aan verandering

Hoe-om-n-draak-se-storm-te-trotseer- Hoe om 'n draak se swaard te steel 9 voorblad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.