Boek:  Hoe om jou lewe  te verwoes voor jy 16 is

Hoe-om-jou-lewe-te-verwoes-voor-jy-16-is.jpgJohan Smith

As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie en streef dan – dikwels op vernietigende wyse – daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree.

Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is, is daarom ʼn móét-lees vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder meer selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie – net ʼn paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan verwoes.

Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is, bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.

Oor die outeur:

Johan Smith bedien ʼn wye spektrum mense, wat die jeug, ouers, mans en vroue insluit. Hy is ʼn skrywer van jeugboeke, asook boeke vir die gesin. Hy is weekliks betrokke by die bediening van vroue in Pretoria en tree ook op as spreker tydens jeugweke, jeugsaamtrekke, ouerskapseminare en Daniël-mannekonferensies landswyd. Johan is tans leier: gemeentefokus by die Moreletapark-gemeente in Pretoria. Hy is getroud met Helena en hulle het drie kinders, Louise, Dirk en Marli.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R149,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.