Boek: Hoe om ʼn draak se held te verraai

Hoe-om-n-draak-se-held-te-verraai-11-voorblad-002.jpgCressida Cowell

Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorlê én boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar ʼn bedrieër in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?

Oor die outeur

Cressida Cowell het grootgeword in die stad Londen en op ʼn klein, onbewoonde eiland aan die weskus van Skotland, waar sy dit geniet het om stories te skryf, vis te vang, en die eiland te verken op soek na drake. Sy was oortuig daar het drake gelewe, en was altyd gefassineer met hulle.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.