Claire Freedman
G’n haas behoort weg te kom nie, want hierdie lekkerlag-avontuur is geskryf deur niemand anders nie as die beroemde, Nare Ou Wolf!
Vir honger wolwe is dié boek ’n wenner, en dit is boonop geskryf deur ʼn kenner! Hou jy van haasbredie en haaspastei? Kom leer hoe om ʼn haas in die hande te kry!
Ja. Beroemd. Berug. Noem dit wat jy wil. Hierdie boek is geskryf deur ʼn kenner, niemand anders nie as die beroemde Nare Ou Wolf. Dus, as jy ʼn haas wil vang, is dit ʼn fantastiese gids propvol wen-wenke! Lek gerus solank jou lippe af vir ʼn sappige happie haas!
Onthou net: hou jou oë oop vir bere, bonsende vere met ʼn bietjie te veel veerkrag, en natuurlik jou eie strikke…
Oor die outeur
Hierdie lekkerlagboek is geskryf deur die topverkoperskrywer Claire Freedman, geïllustreer deur die briljante Monika Filipina.
Claire Freedman is die hoogs suksesvolle skrywer van verskeie prenteboeke, insluitende Aliens Love Underpants en A Squabble and a Squawk. Haar boek Die avonture van superseun is ook deur LAPA Uitgewers in Afrikaans gepubliseer.
Kleintyd wou Monika Filipina ʼn cowboy, ʼn argeoloog of ʼn ruimtevaarder word, maar bowenal was sy vasbeslote om nooit groot te word nie. Terwyl sy haar avontuurbelaaide toekoms beplan het, het sy dinge geteken. Dit het gelei tot ʼn verslawing aan papier en verf.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Die hond moet net nie gaan sit nie.