Boek: ‘Hoe om te wen in besigheid’

hoe-om-te-wen-in-besigheid-aleit-swanepoel

Die entrepreneur Aleit Swanepoel is een van die sakelui waarmee Elsje van Jaarsveld gesels het. Foto: Verskaf.

Hoekom is party mense arm en ander het die vermoë om welvaart te skep asof dit amper moeiteloos is? In Hoe om te wen in besigheid vertel Suid-Afrika se eie Richard Bransons en Mark Zuckerbergs hoe hulle dit reggekry het om top-entrepreneurs te word.

Hoe om te wen in besigheid is ʼn versameling gesprekke waarin die omroeper Elsje van Jaarsveld met entrepreneurs en sakelui in die program Sakeprofiel elke Donderdag om 11:30 op Pretoria FM gesels het.

In die boek beantwoord 45 van Suid-Afrika se voorste entrepreneurs en sakelui die vrae wat jy nog altyd vir hulle wou vra. Hulle gesels oor ywer, visie, selfdissipline, risiko’s, familie, energie en ʼn unieke manier van dink. Met hierdie boek kan jy in die gedagtes van baanbreker-entrepreneurs klim. Jy kan hulle werklik leer ken en uit hulle foute leer.

“Die entrepreneurs en sakelui verskaf eerlike antwoorde op ongemaklike vrae om by die waarheid uit te kom oor presies wat dit verg om werklik ʼn suksesvolle onderneming in Suid-Afrika te bou,” het Van Jaarsveld gesê.

hoe-om-te-wen-in-besigheid-voorblad

Grafika: Verskaf.

Daar word ook kaalvuis gepraat oor die eerste aand sonder kos in die kas, sonder brandstof in die motor en in sommige gevalle die eerste dag sonder ʼn motor. “Natuurlik het hulle ook vrese en doemprofete gehad wat hulle van hulle planne wou afraai, maar net die droom dat hulle ʼn sukses kon maak van hulle eie onderneming was genoeg om alle vrese in die kiem te smoor,” vertel Van Jaarsveld.

“ʼn Boek wat jou aan ander se paaie voorstel sodat jy jou eie kan vind. Elke wenner het ʼn pad na sukses.” – Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.

  • Hoe om te wen in besigheid word deur Carpe Diem Media uitgegee in samewerking met Pretoria FM. Die boek kan by Pretoria FM bestel word deur 012 543 0120 te bel of bestel dit aanlyn by voelgoedwinkel.co.za.

Uitgewer: Carpe Diem Media

Prys: R139.00*

*Prys onderhewig aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.