[Boek] Hoe verklaar jy dit? #2

Hoe-verklaar-2Saamgestel deur Danny Fourie

Na die ongelooflike sukses van RSG se Hoe verklaar jy dit? is dit niks minder as gepas om met hierdie tweede volume Suid-Afrikaners se nuuskierigheid oor die wêreld verder te bevredig nie.

In Hoe verklaar jy dit? #2 bring Danny Fourie weer ’n gerf van die interessantste vrae en antwoorde byeen wat deur RSG se kundige medewerkers in die gewilde radioprogram behan­del is. En dit help die leser natuurlik om die wêreld om ons minder vreemd te maak.

Hoe verklaar jy ons honger na inligting en ons dors na kennis? Die antwoord is eenvoudig: Ons is mal daaroor om antwoorde te kry, selfs al is daar geen oënskynlike voordeel daarin nie.

Is dit werklik nodig om te weet wat ’n Jerusalem-kriek of ’n sweepspinnekop is? Waarom die son nie uitbrand nie? Hoekom ’n mens se oë traan as jy uie sny? Hoe die Richter-skaal werk? Wie en wat die Florisbadmens is? Wat links- en regshandigheid bepaal? Van al die soogdiere is ons die enigste wat lewenslank nuuskierig bly. Daarom sal Hoe verk­laar jy dit? #2 jou nog meer fassineer.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.