Boek: Hoekom donkie se ore so lank is

Annika Heymans

Donkie is al te nuuskierig. Hy maak die plaasdiere moeg met al sy “Hoekom?”-vrae. Maar toe donkie eendag ʼn reënboog sien en besluit om na die pot goud te gaan soek, gebeur daar iets wat hy glad nie verwag het nie.

Die boek is gemik op lesers tussen drie en 10 jaar oud.

Oor die outeur:
Annika Heymans is van Harrismith en mamma van twee seuns, wat haar inspirasie vir haar kinderboek is.

Koop die boek direk by Annika deur ʼn WhatsApp te stuur aan 082 900 3598 of ʼn e-pos aan [email protected]
Uitgewer: Mecs Publishing
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.