Boek: Hoekom? Ensiklopedie

Hoekom-Ensiklopedie.jpgSaamgestel deur Dorling Kindersley

Hoekom kan jy nie jouself kielie nie?
Hoekom bars vulkane uit?
Wat is ’n eggo?
Is daar lewe op Mars?
Hoe werk ’n duikboot?
Hoeveel sterre is daar?

Hierdie asemrowende volkleur-ensiklopedie word in ’n interaktiewe vraag-en-antwoordformaat  aangebied wat feite vet pret maak! Dit fokus op onderwerpe waaroor kinders regtig graag meer wil leer en die vrae wat hulle daaroor vra – van die ruimte tot die aarde, die menslike liggaam en die natuur. Kom loer saam binne-in ’n vulkaan of verken ’n bewerdam met ongelooflike driedimensionele illustrasies wat verstommende detail blootlê. Verander jou kinders vandag nog in feitevrate met hierdie indrukwekkende naslaanbron!

Oor die samesteller

Hierdie ensiklopedie is saamgestel deur Dorling Kindersley, die wêreldleier op die gebied van toeganklike niefiksie vir jong lesers. Dit is geskryf in samewerking met vakkenners van die gesaghebbende Britse Smithsonian-instituut.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R294,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.