Boek: Hoekom moet ek dit doen?

Hoekom moet ek dit doen voorbladBrigitte Raab

Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoon skrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word! Die slim kinders in hierdie boek weet dit – hulle weet dat daar altyd ’n goeie rede is vir elke reël. Maar dis lekkerder om snaakse, onsinnige redes uit te dink…

Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees vir kinders ouer as vier.

Oor die outeur:
Brigitte Raab (1966) het Voedselwetenskap studeer, maar is deesdae werksaam as redakteur en skrywer van boeke.

Oor die illustreerder:
Manuela Olten (1970) is ’n fotograaf en ontwerper. Sy het Illustrasiekuns aan die Universiteit vir Ontwerp in Offenbach am Main studeer en in kinderboekillustrasies gespesialiseer. In 2004 het sy die Oldenburger Kinder- en Jeugboekprys ontvang. Die volgende boeke van Manuela Olten het in Afrikaans by Protea Boekhuis verskyn:
Die wildewragtigs (2010) en Nie eens ’n bietjie vuil nie (2012)

Oor die vertaler:
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.