Boek: Hoezit! Die wonderwêreld van die ruimte

Jaco Jacobs en Fanie Viljoen

Meer as tweeduisend jaar gelede het iemand ʼn bekende gedig oor die sterre geskryf. Daardie verwondering is steeds met ons, al weet ons vandag soveel meer as die digter wat Psalm 8 geskryf het.

Waaruit bestaan Saturnus se ringe?

Wat doen ruimtevaarders alles op ʼn ruimtestasie?

Waarom word Mars die rooi planeet genoem?

Hoe word sterre gevorm?

Ontdek die ruimte met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Daar is 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy sterrestelsels kan verken. Hierdie boek gaan jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry!

Vind uit hoe die nuutste ruimteteleskope werk, ontdek wat alles onder die aarde se oppervlak gebeur, soek saam na lewe in die buitenste ruimte, en leer meer oor ons naaste ster, die Son.

Die temas en aktiwiteite wat deel is van hierdie reeks, maak hierdie boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R80,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Terloops ·

Weet ons nou meer as die Psalm digter?
“Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.” – Romeine 3:4

Hoe weet ons watter boek is die waarheid?
“Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.” – Hebreërs 11:3

Hoe het als ontstaan?
“Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
16want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is,” – Kolossense 1:15-16

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.