Boek: Hoezit! Die wonderwêreld van my liggaam

Hoezit-15-Die-wonderwêreld-van-my-liggaam-HIGH-RES-002.jpgJaco Jacobs en Fanie Viljoen

Waarom is ʼn gaap aansteeklik? Hoekom is party mense kleurblind? Wat laat jou hik? Hoeveel keer klop jou hart per dag?

Ontdek die wonderlike wêreld van die menslike liggaam met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van die menslike liggaam kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry!

Vind meer uit oor die verskillende liggaamstelsels wat jou aan die lewe hou, ontdek fassinerende feite oor jou hart, brein en ander organe, en vind uit waarom kieme jou siek kan maak en hoe om hulle te beveg!

Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Daar is veertien ander titels in hierdie reeks. Sedert Hoezit! se bestaan in boekvorm, is daar al meer as 56 000 kopieë verkoop.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R80,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.