Fanie Viljoen
Die groot dag het eindelik aangebreek … Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie – ʼn ponie!
Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan ʼn piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om ʼn oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag ʼn beroemde modeontwerper te word.
Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef – en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!
Oor die reeks
Lulu droom daarvan om eendag ʼn modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Hierdie opwindende reeks uit die pen van die bekroonde Fanie Viljoen is propvol aksie, avontuur … en opwindende modes! Die vorige boeke in die reeks was Oe la la, Lulu, Bravo, Lulu, Oepse daisy, Lulu en La di da, Lulu.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke