Boek: Hoogverraad van die verraaides: ‘n Satiriese reis deur die aanloop tot die Boeremagverhoor

hoogverraad

Freek Penveer

Die uitspraak van die sogenaamde Boeremagverhoor het Suid-Afrika pas weer ‘n dosis slegte publisiteit oorsee besorg. Maar presies wat het die mans beweeg om so op te tree dat hul, en hul gesinne, se lewens verwoes is? Die antwoord moet baie ver terug gesoek word.

Die skrywer, Freek Penveer, het meer as twintig jaar gelede per toeval paaie met mense begin kruis wat in hierdie dampkring, swaar gelaai met godsdiensopvattings, ingesuig was. Hy het moeilikheid sien kom, maar niemand het hom geglo nie.

Freek beskryf die wedervarings met mense uit hierdie groep in ‘n parodiese manier, en toe vind die arrestasies plaas. Hy moes ‘n dekade wag vir die afloop van die hofsaak sodat hy die manuskrip kon afrond. “Eintlik is dit ‘n tragedie – in elke opsig – wat steeds nêrens heen gaan nie. Deur die parodiese skryfwyse is probeer om afstand te plaas, want as jy iemand ken en op ‘n dag sit hy skielik agter tralies terwyl jy weet hoe “verdwaal” die persoon se vaste oortuigings is, dan is dit nie maklik nie.

Stap saam met Freek deur ‘n bisarre wêreld waar min, indien enigiets sin maak, maar waarvoor sommiges – die meeste hoogs intelligent – tog bereid was om hul eie lewens, en hul gesinne se toekoms op die spel te plaas. Dis ‘n tragedie wat nie herhaal mag word nie, maar wat ‘n momentum het dat dit baie onwaarskynlik is dat van die mense uit dieselfde dampkring nie weer en weer gevang gaan word nie.

Die boek is slegs in elektroniese formaat op Amazon.com beskikbaar.

Uitgewer: Penveer Publikasies
Prys: $7-50 (ongeveer R80-00)*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter van Wyk ·

Ek wonder of dit enigsins die moeite werd sal wees om te betaal om die ‘boek’ te lees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.