Boek:  Hoop vir ʼn tyd soos hierdie

Hoop_vir_n_tyd.jpgBraam Hanekom

Voel jy dikwels oorweldig – dat jy nie inpas nie? Dit is nie noodwendig ’n slegte ding nie, sê Braam Hanekom. Christene is juis geroep om anders te wees, om ’n verskil te maak. Om op te staan teen die stroom.

In Hoop vir ʼn tyd soos hierdie gee Braam die bemoediging dat Christene die voorreg het om te weet dat God hulle deur hierdie uitdaging sal dra en hulle help om ’n verskil te maak.

In dié boek behandel Braam 50 temas wat vir Christene vandag ’n opdrag of uitdaging is, soos: nederigheid, leierskap en eensaamheid, geweld, moeë gelowiges, stygende verwagtinge, versoening en hoe om reg te bid. Elke hoofstuk sluit af met ’n belofte van hoop uit die Skrif.

Hoop vir ʼn tyd soos hierdie sal lesers help om standpunt in te neem en self die verskil te wees wat hulle in vandag se veranderende wêreld wil sien.

Oor die outeur:

Braam Hanekom is leraar by die NG gemeente Stellenberg en baie nou betrokke by leierskapsontwikkeling onder sakelui en in onderwyskringe. Hy was vir agt jaar moderator van die NG Kerk Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en is tans betrokke by die Sentrum vir Publieke Getuienis. Braam is ook die skrywer van verskeie boeke en artikels

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ed ·

vanoggend se stiltetyd is geen lering en bemoediging nie, dis bloot n advertensie om n boek te verkoop. Ons waardeer dit nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ed

Dankie vir jou terugvoer.
Let asseblief daarop dat hierdie artikel definitief nie die “Stiltetyd”-berig vir die dag was nie. Die titel dui baie duidelik aan dit is ‘n boek: “Boek: Hoop vir ‘n tyd soos hierdie”.
Jy het dalk nie op die korrekte berig geklik nie. Hier is vandag en gister se twee “Stiltetyd-berigte”:
9 November: “Gedagte vir die dag: God is daar wanneer jy swaarkry
10 November: “Gedagte vir die dag: As versoekings aan jou deur klop

Ons hoop dit klaar die probleem vir jou op!
Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela Media.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.