Boek: Hou aan hardloop, Gemmerbroodman

gemmerbroodman

Steve Smallman

In hierdie oorspronklike weergawe van ’n bekende sprokie, moet die Gemmerbroodman baie vinnig hardloop om te sorg dat hy nie opgevreet word nie. Is enige iemand fiks genoeg om hom te vang?

Kinders leer hoekom dit belangrik is om fiks te bly met behulp van hierdie skreeusnaakse storie.

Dié reeks van vier titels, elk ’n eie weergawe van ’n bekende sprokie, sluit telkens ‘n boodskap oor gesonde gewoontes in. Die humoristiese skryfstyl en oulike illustrasies sorg dat die boodskap oor ’n gesonde lewenstyl onopvallend en op ’n prettige manier tuisgebring word.

Agter in die boek is daar ook ekstra gesprekspunte wat as ’n gids dien oor hoe om die boek effektief te gebruik en met kinders oor die storie en boodskap te gesels.

Hierdie reeks is perfek vir ouers wat soek na bekostigbare prenteboeke met ‘n positiewe boodskap.

Oor die outeur:
Steve Smallman is al vir meer as 20 jaar ‘n kinderboek-illustreerder en het ook 10 jaar gelede begin om sy eie kinderboeke te skryf. Hy was ook die wenner van die Sheffield Children’s Book Award in 2009.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R59-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.