Boek: Huisgenoot Wenresepte 2

huisgenoot wenresepte 2

Annette Human

Die ideale boek vir dié wat geregte soek wat goedkoop is en maklik vir enigiemand om te maak. Die boek bevat meer as 200 resepte, insluitend opwindende ontbytgeregte, liplekker soppe, soutterte, pizza, pasta, geurige vis- en vleisgeregte, groente en slaai, warm en koue poedings en heerlike gebak soos brood, beskuit, koeke, terte, en nog meer. Nuttige informasie word gegee, insIuitend:

* omrekeningstabel
* wat as jou resep verkeerd loop en hoe om dit te voorkom
* wat is vleisstukke in Engels
* hoeveel is oondtemperature
* plaasvervangers vir belangrike bestanddele

Met splinternuwe foto’s en uitleg is dié herverpakte boek ’n moet vir elke Suid-Afrikaanse kombuis.

Oor die outeur:
Huisgenoot Wenresepte en Annette Human se ongelooflike suksesstorie – daar staan landwyd ver meer as ‘n miljoen van haar boeke op kosmakers se rakke – is daaraan te danke dat haar resepte maklik is om te maak, en keer op keer wérk.

Ander Annette Human-titels wat deur die jare verskyn het, is: Wenresepte 1, 2 en 3; Die beste van Huisgenoot se wenresepte; Geskenkresepte; Uitsoekresepte; Partytjies is pret; Basaarwenners; die agt titels in die TV-Tuiskombuis-reeks; Die beste van Tuiskombuis; Mikrogolfwenners 1 en 2; Mikrogolfwenneers – 200 beste resepte; Raakvatresepte; Kortpadkos; Spyskaarte vir elke seisoen; Huisgenoot Wenresepte-omnibus.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae