Boek: Huisies van papier

huisiesDalena Theron

Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa’s en onheilige horde honde en katte op ‘n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het – ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, ‘n skrywer wat nou op goeie voet met Anna’s se pa’s verkeer. Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so ‘n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol?

In Huisies van papier vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.

Oor die outeur:
Dalena Theron is ’n joernalis met grade in die joernalistiek en sosiale antropologie van die Universiteit van Pretoria. Sy skryf ook kortverhale. Sy is in KwaZulu-Natal gebore en het in Pretoria en São Paulo gewoon en gewerk. Tans woon sy in Kaapstad saam met haar man en seun. Huisies van papier is haar eerste roman.

Koop Huisies van papier
Uitgewer: Random House Struik
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.