Boek: Hykie Berg – My storie van hoop

Hykie Berg was op die kruin van die golf – hy was ‘n suksesvolle akteur en in die wêreld se oë het hy alles gehad wat ‘n mens kan begeer. Tot op ’n dag dat hy iemand in ’n badkamer op stel dwelms sien gebruik het en hy so hard teruggeval het in sy ou gewoontes dat hy by die dood omgedraai het.

Hierdie boek volg hom deur die dwelmhole van Hillbrow, tot in Botswana en uiteindelik waar hy tot stilstand kom, in ‘n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal. Hier kom red God hom van ‘n gewisse dood. ‘n Verhaal van God se groot genade en ʼn getuigskrif dat Hy nie opgee op ons nie.

Lees ‘n onderhoud met Hykie op Maroela Media.
Lees ‘n uittreksel uit die boek.

Oor die outeur:
Hykie Berg is in Pretoria gebore en getoë. Hy gaan studeer drama en het gespeel in reekse soos Egoli, Plek van die vleisvreters, Binnelanders en flieks soos Dis ek, Anna. In 2011 wen hy die realiteitskompetisie Survivor South Africa. Hykie is passievol daaroor om mense te help wat in verslawing verval is. Hy is getroud met Melissa en bly in Pretoria.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R144-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.