Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op ʼn baal, sit agterstevoor op ʼn trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi ʼn kombersie oop onder ʼn boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in!
My hart is oppi plaas! is Wendy Maartens se jongste inkleurboek met vrolike illustrasies deur Linki Brand. Dit bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk met interessante feite oor plaasdiere en dit volg op die gewilde Rooimiere-in-die-broek idioom-inkleurboek wat in 2020 by Lapa Uitgewers verskyn het.
Prys: R110,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke