Boek: Iets vir almal wat hekel

Christa Swanepoel

Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, 50 tydlose hekelpatrone, saamgestel deur Christa Swanepoel, bied ʼn keur van 50 hoogtepunte uit die suksesvolle reeks Hekel saam met Vrouekeur.

Die patrone beloof om elkeen se hekel-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te hekel. Die patrone is boonop prakties genoeg sodat enigiemand dit kan baasraak.

Daar is ʼn groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander hekelprojekte aan te pak.

Prys: R235,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.