Boek: Iewers vlieg daar fairy dust

Logodeur Marisa Haasbroek

Elmien droom daarvan om eendag na skool ʼn dokter te word. Dit is die rede waarom sy ʼn gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk. Maar waar sy vandaan kom, is dit ʼn groot droom. Te groot.

Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp. Dis hoe die maatskaplike werker en haar helpers dit noem. En Mevrou. Die rykmansvrou wat soms daar kom liefdadigheidswerk doen en so ʼn dun glimlaggie het. Die mense wat daar bly, noem dit sommer Plot 717.

Dis waar Elmien saam met haar ouma en haar twee niggies in ʼn Wendyhuis woon. Dis waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. Dis waar sy geheime ontdek wat haar hele lewe op sy kop keer. ʼn Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome tog waar kan word, soms op die mees onverwagse maniere…

Oor die outeur:
Marisa Haasbroek woon naby Rayton, Gauteng, saam met haar man en twee kinders. Voor die geboorte van haar kroos was sy redakteur van verskeie korporatiewe tydskrifte en het sy talle artikels en kortverhale vir bekende tydskrifte geskryf. Marisa geniet dit om haar man met ʼn kwinkslag te laat lag, is dol op haar seun se ernstige bruin oë as sy vir hom stories lees, haar dogter se hare as die son daarop val, Bosveldvure, om mense dop te hou, en oor skryf. Onder die skrywersnaam Rykie Roux het sy haar mettertyd as een van die gewildste skrywers van liefdesverhale in Afrikaans gevestig. Hierdie is haar eerste roman vir tienerlesers.

Uitgewer: Lapa uitgewers
Prys: R149-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris ·

Klink na n bevange storie! Dit sal uitsekende fiek-materiaal maak. Lekker familie fliek. Hoop die grootkoppe lees my komentaar!

Charmaine ·

“Rykie Roux”, ek verslind haar boeke! Sy is een van my baie gunsteling skrywers.
Ek sal verseker hierdie boek wil lees.

En stem saam met Chris dit sal ‘n fantastiese fliek maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.