Boek: Ikarus

Ikarus-high-res

Deon Meyer

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.

Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.

En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer.
Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.

Ikarus is die eerste Afrikaanse boek wat gelyktydig in drie formate verskyn: gedruk, elektronies en oudio.

Oor die outeur:
Deon Meyer, ʼn oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Deesdae is hy voltyds skrywer en hy woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in 10 romans (Wie met vuurspeel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011 en Kobra, 2013). Drie daarvan – Orion, Proteus en Infanta – is met die ATKV-prosaprys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009, 2012 en 2014 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur, 7 Dae en Kobra.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R270-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Italia ·

Absoluut verslaaf aan Deon Meyer se boeke! Briljante skrywer…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.