Boek: ‘#ImStaying’ bring hoop vir SA’ners

Natasha M Freeman

Al wat ons partykeer nodig het, is ʼn tikkie hoop wat soos ʼn flikkerende vlam brand in ʼn kamer wat met duisternis en wanhoop gevul is. Hoop kan ʼn ommekeer in mense se harte en gedagtes teweegbring. – Jarette Petzer, #ImStaying-stigter

In September 2019 het Jarette Petzer, ʼn Kaapse entrepreneur, ʼn emosionele video op Facebook gedeel waarin die uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig gestaar uitgebeeld word. In die video het Petzer ook gepleit dat landgenote saam met hom hul gunsteling-herinneringe, bestemmings, en so meer, moet deel. Sy vriende het voorgestel dat Petzer ʼn Facebook-bladsy begin om die gesprek voort te sit en só het die #ImStaying-beweging tot stand gekom.

Binne enkele weke het soveel as 400 000 Suid-Afrikaners van elke ras, maatskaplik-ekonomiese en politieke agtergrond by dié bladsy aangesluit om verhale uit hul alledaagse lewens te vertel. Stories oor swaarkry, die goedhartigheid van hul medeburgers en hartroerende oomblikke is gedeel. Teen einde Desember het die #ImStaying-blad meer as ʼn miljoen volgelinge gehad, en dit groei steeds.

Die slagspreuk “Goeie gedagtes, goeie woorde en goeie dade” onderlê die beweging se kerndoelwit. Dit gaan dus oor Suid-Afrikaners wat ʼn sosiale eenheid wil skep deur middel van storievertellings, asook om uit te reik na mekaar en werklik verandering hierdeur te bewerkstellig.

#ImStaying, die boek wat pas gepubliseer is, bied ʼn oorsig van hoe dié unieke Suid-Afrikaanse veldtog ontstaan ​​het en waarom dit so belangrik is.

Oor die skrywer

Natasha M Freeman is ʼn skrywer en kommunikasiespesialis wat op nadenke oor navorsingsgebaseerde narratiewe fokus. Haar doel is om mense met uiteenlopende sienings by mekaar uit te bring. Freeman se fiksie is benoem vir die Ashton Wylie-toekenning in Nieu-Seeland, ʼn prys wat skryfwerk bekroon wat bydra tot die vooruitgang en opheffing van die mensdom. Haar eerste niefiksieboek, Our Changing Rivers (2005), oor die wetenskap en praktyk van fluviale geomorfologie is deesdae deel die kurrikulum aan die Rhodes-universiteit.

Prys: R190,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.