Boek: In die donker put

 In_Die_Donker_Put.jpgJohan Smith

Depressie, uitbranding, spanning en bekommernis is vir duisende mense ’n realiteit. In die donker put bied ’n eerlike prentjie van dié groot stryd.

In die donker put is Johan Smith se persoonlike verhaal van hoe hy en sy gesin deur sy seun, Dirkie, se stryd met depressie geraak is. Johan vertel ook hoe sy eie uitbranding hom voor sy menslikheid te staan laat kom het. Hiermee saam stel hy ander aan die woord wat hulle eie ervaring met depressie deel en ook persoonlike raad gee aan ander wat ook in dié donker put vasgevang is. Dié verhale getuig ook van die genade, hoop en vrede wat deur Christus vir elkeen beskikbaar is.

In die donker put sluit af met feite en statistieke oor depressie, en wenke en praktiese raad rondom dié siekte. So bied dit hoop terwyl dit ook ’n dieper begrip sal skep vir dié wat worstel met depressie.

Oor die outeur:

Johan Smith bedien ’n wye spektrum mense, wat insluit jeug, ouers, mans en vroue. Hy is ’n skrywer van jeugboeke asook boeke vir die gesin. Hy is op ’n weeklikse basis betrokke by die bediening van vroue in Pretoria en tree ook as spreker op tydens jeugweke, jeugsaamtrekke, ouerskapseminare en Daniël-mannekonferensies landswyd. Johan is tans Leier: Gemeentefokus by die Moreletapark-gemeente in Pretoria.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R139,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.