Boek: In gesprek met die Vader

Danie Malan

Daar kom tye wanneer ʼn mens sukkel om te bid. Of wanneer ʼn mens wonder of jou gebede aanvaarbaar is vir God. Jesus se dissipels was ook nie seker hoe om te bid nie. Daarom het Jesus vir hulle die volmaakte gebed geleer – die Onse Vader.

In gesprek met die Vader is ʼn 11 weke lange Bybelstudie waarin Danie Malan die bedes van die Onse Vader afsonderlik bespreek en wys hoe die bedes elke aspek van ons lewe aanraak. Die betekenis van elke bede word in detail verduidelik en aan die einde van elke studie is daar vrae om oor na te dink en voorstelle vir gebed tydens persoonlik stiltetyd.

Hierdie Bybelstudie vir indivuele of groepstudie is ideaal vir enigiemand wat graag ʼn ryker gebedsverhoudings met die Vader wil hê.

Oor die outeur

Danie Malan is getroud met Nonnie, ʼn huishoudkunde-onderwyseres, en hulle het drie kinders, Karien, Danie en Sanmarie. Hy is reeds meer as 30 jaar leraar van Kempton-Kruin Gemeente en is passievol oor gebed, Bybelskool en gemeente-wees soos die vroeë kerk. Hy is betrokke by die Ring, Sinode en Algemene Sinode – veral rondom Leer en Aktuele sake. Hy het ʼn voorliefde vir gesinsfotografie en gholf en het ook hokkie en debat afgerig vir leerlinge by Kempies.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.