Boek: In Gesprek met Waldimar

Waldimar Pelser se boke.

Hy noem Julius Malema ‘n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ ‘n spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma ‘n “korrupte, seksistiese politieke tsotsi”.

Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop – ook pres. Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.

In Gesprek met Waldimar is ‘n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Oor die outeur:

Waldimar Pelser is redakteur van die Sondagkoerant Rapport. Hy is al drie keer met ‘n ATKV-Mediaveertjie as beste aanbieder van ‘n nuus- of aktualiteitsprogram bekroon. Voor sy joernalistieke loopbaan het hy in die regte en die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en daarna ‘n meestersgraad aan die Oxford-universiteit in Engeland verwerf.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R260-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niel van Zyl ·

Waldimar, ons het jou tipe in die parlement nodig, gesegdes, “one liners” en al. Hulle mag dalk nie na jou pype dans nie (nog nie), maar die DA het ñ leier met ruggraat nodig…
Vir iemand wat 13 jaar lank in Engeland was vind ek jou aanslag op SA sake verfrissend.

A Mac ·

Ek mis geen van Waldimar se programme op Kyknet nie . Hy weet waarvan hy praat en kom goed oor, maar ….. Die laaste tyd raak dit egter nogal irriterend met sy hande wat hy so oordadig mee beduie en die trekkings wat op sy gesig is. Mens kan verstaan as jy jou hande beweeg en jou gesig trek, maar darem nie dat dit so opvallend is dat sommige van die program se inhoud skoon by jou verby gegaan het.

Waarheid ·

Nee wat hou verby
Ek het al met hom te doen gekry en hy was baie hand op die blaas met die anc.
Soek net aandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.