Boek: In glas

In glas voorblad (002)Nicola Hanekom

Die drama In glas handel oor ʼn kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na ʼn kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van ʼn man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane.

In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise. In glas is in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir ’n dramateks.

Wat joernaliste oor Nicola skryf:

Teatergenie, noem resensente haar. Dramaturg, vervaardiger, aktrise. Sy het Afrikaanse teater in die holte van haar hand, die “ongelooflik talentvolle” Nicola Hanekom. – Hanli Retief

Nicola Hanekom vang die gehoor se aandag van die begin en weier om dit te verloor. Sy hou die verskillende storielyne mooi bymekaar totdat dit saam opeindig. Nicola oortuig jou terwyl sy jou skok. Jy is spraakloos as jy uitstap. Geskok, maar ook hulpeloos. Die toneelstuk is ‘n meesterstuk met Nicola die bes moontlike skilder. – James de Villiers

Oor die outeur

Die veelbekroonde Hanekom het ’n diploma in Drama aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. As toneelskrywer en regisseur het sy reeds talle pryse verwerf vir haar plekspesifieke produksies. Vir haar trilogie Betésda, Lot en Babbel ontvang sy altesaam elf Kanna en vier Fiëstatoekennings. Sy wen ook twee ATKV-Woordveertjies vir beste dramateks vir Babbel en Trippie. Haar ruimtelike drama, Land van skedels, ontvang vier Fiësta-toekennings en sy word bekroon met Beeld se Aardvark-prys vir grensverskuiwende werk.

Hanekom ontvang in 2015  die Onbeperk-prys vir vernuwende denke, en ook die Eugène Marais-prys van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar verhoogstukke, Hol en Trippie, gepubliseer as  Die pad byster.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.