Boek: In ritme met God

In_ritme_met_God.jpgHeinz Winckler

Wat maak jou wie jy werklik is? So baie jong mans soek vandag hul identiteit in die wêreld. Maar die wêreld verander elke dag – God is die enigste standvastige baken.

Heinz Winckler glo jou identiteit in Jesus staan uit as een van die belangrikste aspekte van jou lewe. As jy weet wie jy in Hom is, kan jy jou roeping vind en uitleef, en deel word van ’n generasie wat God se koninkryk uitbou.

In ritme met God begin met ’n soeke na wie ons drie-enige God is, en daarna kyk Heinz na wie Jesus en Paulus gesê het jy is. Daaruit vloei die soeke na elke mens se roeping binne die koninkryk voort.

In ritme met God is Heinz se persoonlike getuie-nis van hoe God hom gelei het tot waar hy vandag is. Hy wil ander inspireer en aanmoedig om hul soeke na God ook hul eerste prioriteit te maak. Die boek word afgerond met twee liedjies, spesiaal geskryf vir die vrystelling van hierdie boek, wat gratis afgelaai kan word.

Oor die outeur:

Heinz Winckler, Suid-Afrika se eerste Idols-wenner in 2002, het al ses van sy eie albums vrygestel en spog met ’n Platinum- en Goue toekenning. Hy het al agt albums vervaardig vir opkomende kunstenaars wat hy deur sy werkswinkel vir aspirantsangers ontmoet het. In April/Mei 2013 het hy die rol van Jesus vertolk in die baie suksesvolle Jesus – Die Musiekblyspel. Hy reis steeds die land vol met vertonings. Heinz is getroud met Aletté-Johanni, en is die trotse pa van drie seuntjies.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R149.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.