Boek: Inè Reynierse se ‘Low Carb is Lekker Drie’

Inè Reynierse

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek Low Carb is Lekker die land stormenderhand verower het.

Reynierse se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes.

Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie. Omdat sy op ʼn klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ʼn voortreflike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Te danke aan haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Reynierse se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.  

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R320,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.