Boek: Infanta

infanta

DeonMeyer

Een van Deon Meyer se mees geliefde boeke is nou weer beskikbaar!

“My naam is Bennie Griessel en ek is ‘n alkoholis.”

Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ‘n lang lem en ‘n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek. En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ‘n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ‘n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ‘n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nei.

Oor die outeur:
Deon Meyer, ‘n oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Deesdae is hy voltyds skrywer en hy woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in tien romans (Wie met vuur speel, 1994; Feniks, 1996; Orion, 2000; Proteus, 2002; Infanta, 2004; Onsigbaar, 2007; 13 Uur, 2008; Spoor, 2010; 7 Dae, 2011; en Kobra, 2013). Drie daarvan – Orion, Proteus en Infanta – is met die ATKV-prosaprys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009, 2012 en 2014 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir onderskeidelik Onsigbaar, 13 Uur, 7 Dae en Kobra.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R240-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.