Boek: Is bye werklik in gevaar en wat kan ons doen om hulle te beskerm?

Wojciech Grajkowski

Hoe lank is heuningbye al op aarde? Wat is die rol van die koninginby en haar onderdane, en hoe maak bye die sidderdans? Wat doen die byeboer – die landheer van die byekolonie – en watter toerusting het hy nodig? Is bye werklik in gevaar en wat kan ons doen om hulle te beskerm?

In Die boek van bye word dié en nog baie ander vrae met indrukwekkende illustrasies in groot formaat beantwoord. Die boek volg die geskiedenis van bye van die antieke tye tot vandag. Dit gons van informasie oor die besige byfamilie wat saam ’n georganiseerde samelewing vorm waarin elke lid ’n spesifieke rol het en die belang van bye en hulle kosbare heuning in die geskiedenis en in die res van die natuurlike wêreld.

Oor die skrywer en illustreerder

Wojciech Grajkowski is ’n bioloog en het al talle boeke vir kinders oor wetenskap en die natuur geskryf.

Piotr Socha is ’n grafiese ontwerper en illustreerder. Hy het aan die akademie vir beeldende kunste van Warschau studeer. Hy is een van Pole se populêrste strokiesprentkunstenaars, bekend vir sy humoristiese tekeninge in prominente Poolse tydskrifte en koerante.

Die boek van bye is deur Esta Grobler in Afrikaans vertaal.

Prys: R395,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.