Boek: Is dit al?

Is-dit-al-voorblad.jpgJan Paul Schutten

“My fiets het altyd pap bande gehad.”

“Bande? Bánde? Jy was gelukkig. My fiets hét nie eens bande gehad nie. Ek het op ’n fiets met houtwiele gery. En die saal was altyd ’n bietjie los.”

“Is dit al? My fiets het vierkantige houtwiele gehad, geen saal nie en slegs één pedaal.”

Dirk kuier by sy oupas, maar hy moet steeds skool toe gaan. Daarom het sy oupas vir hom ’n fiets aanmekaargesit. As Dirk versigtig uitwys dat die fiets ’n bietjie lendelam is, begin die oupas grootpraat oor die teëspoed wat húlle moes trotseer om betyds by die skool uit te kom. ’n Skreeusnaakse verhaal!

Die illustrasies is deur Kees de Boer gedoen en die vertaling deur Shané Kleyn.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.