Boek: Is jy bang in die bos, Pappa Wolf?

Jan de Kinder

Pappa Wolf en Wolfie gaan verken die bos. Pappa Wolf is glad nie op sy gemak nie, hy sien oral gevaar! Wolfie probeer om sy pappa moed in te praat en hardloop vrolik vooruit.

ʼn Pragtig geïllustreerde en humoristiese prenteboek met verwysing na die bekende sprokie Rooikappie.

Oor die outeur en illustreerder

Die Belgiese skrywer en kunstenaar Jan de Kinder het in 2002 gedebuteer met die prenteboek Mathilde. Sedertdien is sy werk al in 14 tale vertaal. Naas skrywer, kunstenaar, spreker en voorleser is Jan ook ʼn passievolle eenwielfietsryer met belangstelling in professionele hansworsery, sirkus, improvisasie en straatteater. Sy gunstelingkleur is rooi – in elke denkbare skakering. Hy woon in die Vlaamse stad Tienen saam met sy vrou, drie dogters en ʼn mannetjieskat.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.