Boek: Is jy gereed vir die gevaarlikste speletjie op aarde?

De Wet Hugo en Johann Strauss

Mario is die skool se rekenaarspeletjiekampioen. Maar wanneer hy deur ‘n eienaardige nuwe speletjie na die kuberruim weggevoer word, moet hy vir sy lewe veg. ‘n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom….

Oor die skrywer

De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by ʼn Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Sy skryfwerk verskyn in Rympies vir pikkies en peuters, Liedjies vir pikkies en peuters, Skrik op die lyf, Rympies vir kleintjies en kleuters en Skool is ‘n riller.

Johann Strauss het al vier ATKV-veertjies vir sy werk ontvang. Hy is ook in

2014 met die Media24-boekeprys vir In die land van Pamperlang bekroon. Strauss woon in Pretoria.

Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Prys: R140,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae