Boek: Ivor Swartz se ‘Kies die lewe’

Ivor Swartz

Ivor Swartz, ʼn depressiekenner, leef al jare met dié gemoedsversteuring. Hy aanvaar en hanteer dit, en hy kies die lewe.

In Swartz se jongste boek, Kies die lewe, kyk hy na sy eie depressie en hulpkrete, en hy pleit dat lesers geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie.

Hy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en hy reik uit na ouers wat ʼn kind aan selfmoord verloor het. Swartz gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers kan ondersteun.

In hierdie persoonlike dog toeganklike reis gee Swartz nie maklike antwoorde nie. Hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle met die regte gesindheid sal ondersteun.

Oor die skrywer

Swartz is ʼn bekroonde skrywer van Constantiapark, Pretoria. Hy is jeugleraar by Pretoria Oosterlig. Hy is getroud met Nadine en hulle het ʼn seun, Luther. Hy was onlangs in Netwerk24 se TV-reeks Ons vir jou en hy is eersdaags te sien in die VIA-reeks, Kies die lewe!

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R260,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.