Boek: Jaco Jacobs gee kreatiewe skryfwenke

Jaco Jacobs

Wil jy fantastiese stories en skreeusnaakse rympies skryf? Is jy gereed om jou verbeelding vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ʼn bietjie woema? Wel, hier is goeie nuus… Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie!

Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverkoperskrywer Jaco Jacobs kinders speel-speel om hul skryftalent te ontwikkel. So, waarvoor wag jy? Maak jou potlood skerp en laat die pret begin.

Tussen die lyne is ʼn nuttige en opvoedkundige hulpbron wat kan help om kinders se taalvermoë en -kennis ’n hupstoot te gee. Dit is geskik vir tuisvermaak of ekstra aktiwiteite in die klaskamer. Die boek bevat bekende karakters soos Zackie Mostert en Professor Fungus om kinders in hul kreatiewe skryfwerkreis te begelei.

Prys: R95,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.