Bettina Wyngaard
Klippe, messe en pyle uit ʼn kruisboog: Die vreemste – en wreedste -misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan. Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ʼn internasionale insident te voorkom.
Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ʼn nuwe hel af te weer: van ʼn rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ʼn paar petrolbomme.
Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak. In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke