Boek: James en die reuseperske

James-en-die-Reuse-PerskeRoald Dahl

James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe ‘n nagmerrie. As ‘n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy ‘n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom ‘n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee – en so begin die avontuur van sy drome.

Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Oor die outeur

Roald Dahl het geen bekendstelling nodig nie. Hy word beskou as een van die grootste kinderboekskrywers van alle tye. Sy spitsvondige styl en aweregse stories is na meer as dertig jaar steeds topverkopers. Van sy bekendste werke sluit in Charlie and the
Chocolate Factory, Matilda en James and the Giant Peach.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R155.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.