Boek: Jamie en Sebastiaan-omnibus

Martie Kruger en Martie Preller

Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde verhale van Jamie en Sebastiaan is terug met ʼn nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat. Hier is baie pret: Van noue ontkomings uit die hande van ʼn ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na ʼn vermiste storiemol.

Daar het reeds meer as 12 000 boeke verkoop in hierdie reeks.

Jamie en Sebastiaan

Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer groot moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn  spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het.

Ouma Katie dink Sebastiaan is ʼn dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat Sebastiaan die skoolhoof se tunatert opgevreet het en dat Sebastiaan hulle amper in die kloue van ʼn smerige ontvoerder laat beland het. Die kat het boonop ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het en hy het die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak, dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak …

Jamie en Sebastiaan en die storiemol

In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag – hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. ʼn Wêreld sonder stories sal ʼn aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R205,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.