Boek: Jason se ‘Afskop’-geleentheid

John Hickman

Jason is ’n goeie sokkerspeler … ’n Baie goeie sokkerspeler.

Wanneer ’n talentsoeker van Orlando Pirates hom in die park sien speel, blyk dit dat hy dalk net die kans gegun sal word om dit uit sy woonstelblok tot in die premierliga te maak.

Die ander seuns speel al van kleins af saam en Jason is nie seker of hy ooit sal kan inpas nie – ook nie of hy sy vurige humeur sal kan beheer nie.

Afskop lees maklik en is ideaal vir leerders wat Afrikaans as tweede of derde taal neem.

Dit is deur John Hickman geskryf en deur Jaco Jacobs vertaal.

Ouderdom: 11 jaar en ouer
Prys: R125,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.