Boek: Jasper die rugbyheld

Jasper die rugbyheldC.F. Beyers-Boshoff

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy ’n rugbyheld sou word nie!

Oor die outeur

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R125.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.