Boek: Jasper en die ruimtemanne 5

Jasper-en-die-ruimtemanne-5C.F. Beyers-Boshoff

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die vyfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper en Ferdinand onderneem onverwags ’n verbluffende, indrukwekkende reis na die buitenste ruim. Hulle maak kennis met vlieënde pierings en ruimtemanne, en verken die planeet Mars. Maar is die ruimtemanne hulle goedgesind en sal hulle die ruimtemiere kan uitoorlê? En die belangrikste van als: Kan hulle lewe op aarde van uitwissing red?

Kom deel in die avonture van Jasper!

Oor die outeur

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R125,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

liefie ·

jammer, maar die illustrasies is nie kindervriendelik nie. Ek kan baie goed onthou hoe ek as kind sulke illustrasies bekyk en bekyk het, en net glad nie uit’figure’ wat daar aangaan nie. As ek daardie prentjies nou vir my kinders wys, kan hulle ook nie verstaan wat aangaan op die prentjie nie. Die prentjies is te ‘besig’, daar is te veel detail, te min onderskeiding, onduidelike voorwerpe, ens. Ek sal nog eendag al die boeke wat ek nog steeds het, laat herdruk met duidelike prentjies en gewone afrikaans (watter 3 of 4 jarige weet wat beteken: willempie het gereeld die plaas op horings geneem!!).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.