Boek: Jasper op hoërskool

Jasper op hoërskool C.F. Beyers-Boshoff

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die eerste titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

“Jy kan gaan doppies blaas – ek skryf g’n opstelle nie.” Dit is Jasper se antwoord toe Floors wil hê dat hy wat Jasper is, ‘n opstel moet skryf oor dieremishandeling. Al is hy in standerd ses en al het hy gehoor van ontgroening op hoërskool, is hy glad nie van plan om vir hierdie seun met sy kwêvoëlkuif opstelle te skryf nie.

Jasper is die kêreltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as “poenskop”, en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap – Mossie, Giep en Ferdinand – baie avonture beleef. Saam soek hulle na ‘n klein seuntjie wat wegraak en saam voer hulle kleilatoorlog teen Floors se manne. Hulle vang saam skaapdief en hiervoor word hulle beloon. Op dieselfde dag proe hulle hoe dit smaak om te rook, en hieroor word hulle gelooi.

Oor die outeur

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R125.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico K ·

Ek was natuurlik ‘n baie groot Jasper leser op my dae, maar daardie tekening op die voorblad, (ek aanvaar dit is vir ‘n nuwe uitgawe), werk vir nie vir my nie. Dit is nie soos ek hulle voorstel nie. Daardie lyk soos klein seuntjies, terwyl die karakters al op Hoërskool is.

Zonia ·

Ek was wel n meisie maar het nooit gehou van Saartjie boeke nie. Altyd Trompie en Jasper boeke verslind. Vandag is ek al 50 jaar gelukkig met Jasper
Die skets op die voorblad is net nie heeltemal gepas nie. Std ses, of te wel graad agt oudjies is mos fris manne. Veral Jasper. Hy wasi n tengerige man nie Maar in elk geval. Heerlike leesstof destyds en sal vandag steeds gewild wees by ywerige lesers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.