Boek: JC Steyn se laaste werk vrygestel

JC Steyn

So is onse mense is die gerekende taalhistorikus JC Steyn (1938–2021) se laaste werk. Dit bevat ʼn versameling “herbesoeke” oor geskiedkundige onderwerpe, outobiografiese grepe en rubrieke waarin sy meesterlike talent as prosaskrywer en navorser ten toon gestel word.

Steyn stel lesers in dié boek onder meer weer bekend aan die bykans vergete geskiedenis van die laaste dramatiese dae van Mei 1902, soos gesien deur die oë van twee vooraanstaande dramaturge. Hy herontdek die lewe en werk van die veldprediker JD Kestell en stel ondersoek in na die mense wat verantwoordelik was vir die oprigting van die Nasionale Vrouemonument.

In die tweede afdeling benader hy die geskiedenis meer outobiografies en gee lesers ʼn kykie in sy lewe as jong Vrystaatse seun van die Brandwaterkom. Dan volg tien korter rubrieke, elk met Steyn se kenmerkende fyn benadering tot interessanthede uit die verlede.

So is onse mense word afgesluit met huldeblyke van oudkollegas, vriende en familie wat hulde aan een van Afrikaans se grootste woordmeesters bring.

Uitgewer: AfriForum Uitgewers (tot Mei 2022 bekend as Kraal Uitgewers)
Prys: R290,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by AfriForum Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

Hierdie boek sal uitstekende leesstof uitmaak en dus ‘n aanwins duisend wees. Dis betreurenswaardig dat boeke, wat AfriForum Uitgewers druk, nie van ander aanlynwinkels, waar die versendingskoste veel minder is en selfs gratis kan wees, bekom kan word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.