Boek: ‘Jeremia en die Amandelboom’ – Wendy Maartens

Wendy Maartens

Jeremia en die Amandelboom is gegrond op die Bybelse verhaal van Jeremia se roeping. In dié kleurvolle prenteboek word die storie van ʼn jong Jeremia vertel wat met spraak gesukkel het – totdat die Here hom aangeraak en ʼn amandeltak as belofte gewys het.

Nie net is hierdie storie pragtig en toeganklik deur Wendy Maartens geskryf nie, maar die boek bevat ook inligting en hulpbronne vir ouers en onderwysers om te help met spraakontwikkeling by kleuters.

Hierdie bemoedigende verhaal sal alle kinders wys dat hulle spesiaal is vir die Here en dat Hy hulle sal help en gebruik.

Jeremia en die Amandelboom, deur Wendy Maartens, het pas by Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, verskyn. Dit is geskik vir kinders tussen drie en ses jaar.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.