Jeremy Vearey
Van laaitie tot politieke kryger, “bandiet” tot polisiehoof, spioen tot presidensiële lyfwag. Van sy kleintyd in Elsiesrivier met die ooms wat domino speel en die lyk op die veld het Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings geneem. In ʼn vars, eiesoortige Afrikaans skryf hy oor geheime leeskringe, die kerkjeug en die (Afrikaanse) Kommuniste-manifes, sy tyd as onderwyser terwyl hy in die geheim ondergrondse werk vir MK uitvoer, en sy tyd op Robbeneiland. In Pollsmoor kook hy onwettige bully beef. (Die resep is ingesluit.)
Toe hulle onverwags vrygelaat word tydens die oorgang stap hy stap saam met Tokyo Sexwale van die hawe af Cowley House toe. As Mandela se lyfwag help hy ʼn AWB-opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD saam met die gewese “vyand”. In naelbyt-operasies takel hulle terrorisme en Kaapse bendes.
“Ontstellend goed. Ek kon dit nie neersit nie; ’n bondel dinamiet.” – Riaan de Villiers
“’n Vars stem oor ’n lewe op die snykant.” – Tobie Wiese
“Dié boek sal jou ontroer, laat lag, laat kopskud en laat nadink, maar bowenal sal dit jou elke nou en dan laat vergeet om asem te haal. ’n Outobiografie wat in die riller-afdeling hoort.” – Nathan Trantraal
Oor die outeur
Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was lid van MK en was vir jare ʼn gevangene op Robbeneiland. Hy is ʼn generaal-majoor in die SAPD en was hoof van die Wes-Kaapse polisie se gang-eenheid. Op sy Facebook en blog (http://thedialecticalcop.blogspot.co.za, waar in Afrikaans en Engels geskryf word) vra lesers dikwels wanneer sy boek kom.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R270,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke