Boek:  Jesus in my lewe

 Jesus-in-my-lewe.jpgJohan & Helena Smith

Johan en Helena Smith span kragte saam om kinders te oortuig hoe belangrik dit is om Jesus as fondament in hul lewe te hê sodat hulle die regte besluite kan neem.

Jesus in my lewe bevat 101 lekker-lees oordenkings vir laerskolers. Dié dagstukke kyk na temas soos hoe God oor jou voel, dat die kruis vir jóú was, beloftes uit die Woord, verhoudings en gee ook antwoorde op vrae wat ander vir hulle kan vra oor Christenskap, soos: “Waarom vier ons Paasfees?”

Naas die gebed aan die einde van elke stukkie, sluit elke dagstuk ook af met ’n praktiese uitdaging. Dit wissel van iets om oor te dink, vrae om te beantwoord met plek om te skryf en selfs iets wat die kind moet gaan doen.

Hierdie 101 dae saam met Jesus sal vir kinders van onskatbare waarde wees terwyl hulle leer dat Jesus altyd by hulle is.

Oor die outeurs

Johan Smith is al meer as 20 jaar betrokke by jeugbediening. Hy is tans leier van die gemeentefokus by die Moreletapark-gemeente in Pretoria. Johan het al verskeie boeke die lig laat sien.

Helena Smith is ’n laerskoolonderwyser en het vir vier jaar voltyds vir die VCSV gewerk in laerskoolbediening. Johan en Helena is albei opgeleide kinderevangeliste en het al ’n paar boeke saam geskryf. Hulle het drie kinders: Louise, Dirk en Marli.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R139,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.