Boek: Jinx

Celeste Slabber-Loriston

ʼn Opwindende jeugverhaal vir meisies! As jy hou van toordery en towerspreuke, is hierdie die boek vir jou!

Zanelda Sellerman (Zantie) is die oudste dogter van ʼn gesin van 7. Sy is die skool se atletiekster, maar wiskunde en wetenskap pootjie haar gereeld. Sy sien uit na haar Graad 9-jaar. Die Juniorbeker wag, Deon Steyn skryf vir haar liefdesgedigte en sy verslaan die vinnige Beverly Botha in die 400 m.

Maar toe verander alles met die nuwe meisie, Marita Meyer, wat almal betower met haar perfekte glimlag en illusies. Zantie se Graad 9-jaar lyk nou nie meer so eenvoudig nie. Onverklaarbare geskenke en ongelukke kom oor haar pad. Sy word gejinx. En sy wonder waarom juis sy?

Sy word deel van die wêreld van illusies en towerkrag. Dit is die enigste manier hoe sy almal vir wie sy lief is kan beskerm. Maar haar suiwer hart wen die stryd, sy oorwin die wêreld van kristalle en die kragte van die maan, en word beloon met liefde en vriendskap.

Oor die outeur

Celeste Slabber-Loriston het grootgeword in Hartbeespoort. Sy verwerf ʼn BDram IV-graad aan die einde van 1994 en beklee verskeie onderwysposte in die Wes-Kaap. Sy is tans woonagtig in Hermanus. Sy is mede-eienaar van Story Team, ʼn opvoedkundige teatermaatskappy wat teater as medium gebruik om kinders speel-speel te leer. Sy begin skryf in 2005. Haar kreatiewe skryfstyl wil graag haar leser deel maak van die wêreld van die karakters. “Ek het ʼn passie vir skryf en wil graag my lesers op ʼn opwindende reis van ontdekking stuur, waar fantasie deel word van die ervaring. Ek wil graag hê my lesers moet verdwaal in die wonderlike wêreld van stories, dat hulle nooit sal ophou lees nie.”

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.